Testimonials

Merino Restaurant

” Ek braai  al plus minus 20 jaar spit, om en by 3jaar terug het ek by jou twee spitte gekoop. Wat ‘n plesier was dit nie vir ons hierdie laaste 3 jaar. Nog nie eendag spyt nie. Dit werk maklik die vakmanskap is uitstekend.

Met die nuwe mandjies wat jy gemaak het, braai ek nou 3 ontbeende skaap gelyk per spit.  Ek gee nou plus minus 240 mense kos binne 2 en ‘n halwe uur.

Voorwaar ‘n uitstekende produk wat jul maak, hou so aan!!!! ”

Henri Schoeman( Victoria-Wes Merino Restaurant )


De Dekke Restaurant

De Dekke Restaurant , Bottelstoor & Antieke Winkel. Ons is in die Suid-Kaap (Tuin Roete) te Grootbrak Rivier, half pad tussen George en Mosselbaai.

Ons is aanbeveel deur ‘n vriend van my van Victoria West, Henry Schoeman van die Merino Restaurant en hy was reg, die spitte werk baie goed. Netjiese voorkoms en ek het nog geen probleme met hulle gehad nie. As ‘n spit op 120km/h van ‘n bakkie afval en daar is net R300 skade, dan moet hy goed wees. Ek kan die spitte enige tyd aanbeveel.

De Dekke Restaurant


Piet Bezuidenhout

” Ek het my Barbraai spit in Mei 2009 by Willie gekoop. Die standaard toerusting waarmee die braai toegrus is, is heeltemal toepaslik vir die binneshuis en buite lewe. Ek het ‘n aftree huis laat bou en het nie eens’n stoof oond ingesit nie. My braai bied vir my alles wat ek nodig het.

Die draai rooster is uitstekend vir alle vleis tipes. Ek rooster ook brood daarin. Ek gebruik die pan net soms vir vleis, en dit is omdat ek ‘n rooster verkies, maar ek geniet om ontbyt voor te berei met die pan. Daar is meer as genoeg plek vir wors, spek en eiers. Waar ek die pan die meeste gebruik, is as ek brood bak. Die lekkerste brood ooit! Kry gerus
die resep by Willie. Ek gebruik ook die pan om my potjie op te maak.

Wat ek die meeste van die braai gebruik is die ‘spit’ funksie. Ek braai gereeld heel hoenders of ander rooster stukke soos lams bout en baie maal ‘n heel kruis skyf.  Ek het nog nie ‘n braai gekry wat dit so lekker braai nie. Ek gebruik ook meer dikwels die sosatie skywe om my sosaties gaar te maak. Ek het nooit gedink dit is so maklik om ‘n
sosatie gaar te kry nie.

Ek gebruik my braai 5 dae per week, omdat dit goedkoop is met gas en indien daar nie krag is nie, kuier ek steeds heerlik! ”

Piet Bezuidenhout


Elgin Brown and Hamer (pty) Ltd

The undersigned has during the last three years purchased about eight braais from this company and have found them very versatile and satisfactory.
On one specific Sunday I start with preparing a nice breakfast for my kids and grandchildren then for lunch I put a lamb and a pork leg on the small spit which are done to perfection within an hour. For Xmas lunch we have had a whole lamb on the big braai.
We  advise that the small braais are also an ideal business gift. We wish BARBRAAIS all the best for the future.”

Willem Kruk( Director – Elgin Brown and Hamer(Pty) Ltd )


Big D’s Catering Services

“I have 4 spit braais and I must say it works like a dream.

The heaviest lamb I have spitted was about 25kg and it took me 3 hours to cook it.

I will really suggest the braai to anyone…. it works!”

Big D’s Catering